Local newsNews

NG Kerk bring musiek en digkuns

Die NG Gemeente op die dorp bied pitkos van uiteenlopende aard aan belangstellendes.   Op Saterdag 1 Junie voer musiek die botoon met digkuns en musiek uit die pen en stem van Joshua na die Reën (JNDR). Die naam “Joshua na die Reën” verwys na ‘n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van …

Die NG Gemeente op die dorp bied pitkos van uiteenlopende aard aan belangstellendes.

 

Op Saterdag 1 Junie voer musiek die botoon met digkuns en musiek uit die pen en stem van Joshua na die Reën (JNDR).

Die naam “Joshua na die Reën” verwys na ‘n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van eerlikheid en hoop. In die liedjieskrywer se eie woorde: “Sy hart is nog altyd dat mense genoeg sal hê en dat die wêreld ‘n plek van hoop sal wees. Ek besef al hoe meer dat hoop nie ‘n plek is waarheen jy kan trek nie, maar ‘n plek is wat jy in jouself vind. En as ek vir hierdie plek ‘n naam kon gee, sou dit Someraarde gewees het.”

Sy derde album Someraarde beloof om te bederf met diep woorde en strelende melodieë. JNDR tree om 18:30 by die NG Witrivier Gemeentesentrum ten bate van die gemeente se Omgeefonds op.

Kaartjies kos R120 vir volwas-senes en R50 vir laerskoolkinders en is by die volgende afsetpunte beskikbaar: Witrivier – NG Witrivier se kantoor, Laeveld Apteek; Nelspruit – Purple Ribbon Boutique (West End Sentrum) en NG Westergloed se kantoor; Aanlyn – www.quicket.co.za.

Daar is ‘n naweekwegbreek vir ses persone te wen by Sabie River Camp ter waarde van R 2 800 vir ‘n gelukkige kaartjiehouer. Die wenner sal die aand by die vertoning getrek word en almal wat bywoon staan ‘n kans om hierdie prys te wen. Daar sal ook toesig wees vir kinders jonger as 10 jaar teen slegs R30. Laasgenoemde sluit iets te ete in.

Vanaf 17:00 sal kos-, koeldrank- en koffiestalletjies by die gemeente-sentrum beskikbaar wees. Navrae: Skakel Antoinette by 082-450-9434 of nuus@ngwitrivier.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button