Local newsNews

Netbalspanne spook dit uit vir Mpumalanga ereplekke

Hoërskool Nelspruit se A-spanne het skoonskip gemaak in die o/14- tot o/19-afdelings.

Beide Hoërskool en Laerskool Nelspruit se netbalspanne het onlangs hul stempel deeglik afgedruk op die Ehlanzeni Skolenetbal- (ESN) streekskampioenskappe vir A-ligaspanne wat op Laerskool Witrivier se bane gehou is.

Volgens ESN-voorsitter, Ingrid Jacob het die dag opwindende netbal opgelewer met 67 spanne wat sake uitgespook het. Die topspanne gaan nou op 31 Mei en 1 Junie by Laerskool Witrivier en Hoërskool Rob Ferreira in die Mpumalanga Skolenetbal-kampioenskap (MSN) kragte meet.

Laerskool Nelspruit se o/11A-, o/12A- en o/13A-spanne is almal as ESN-kampioene gekroon en gaan dus as nommer een deur na die MSN-uitspele waar al die Mpumalanga-streke se eerste, tweede en derde plekke teen mekaar gaan speel.

Hoërskool Nelspruit se A-spanne het weer skoonskip gemaak in die o/14- tot o/19-afdelings.

Die volgende spanne beklee tweede plekke naas die kampioene:

• o/11 – Laerskool Witrivier

• o/12 – Laerskool Laeveld

• o/13 – Laerskool Laeveld

• o/14 – Curro Nelspruit

• o/15 – Hoërskool Bergvlam

• o/16 – Guduza High School

• o/17 – Hoërskool Rob Ferreira

• o/19 – Hoërskool Rob Ferreira

Op 4 Mei het 42 spanne ook in die Batho-afdeling meegeding en 48 in die Ubuntu-afdeling vir o/11 tot o/19’s. Hulle MSN-uitspele vind op 24 Mei by Laerskole Klipfontein en Generaal Hertzog plaas.

In die Ubuntu-liga was Fairview (o/11), Vutselani (o/12), Ingwenyama (o/13), Khumbula (o/14 en o/15), Sikhwahlane (o/16), Suikerland (o/17) en Idlangemabal (o/19) die ESN-kampioene en in die Batho-liga was Nelspruit (o/11, o/12 en o/13), NHS (o/14, o/15, o/16 en o/19) en Fundinjobo (o/17) die ESN-kampioene.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button