Sielvolle aand wag op Laevelders
Digkuns met musiek uit die pen en stem van Joshua na die Reën (JDNR) is waarna aanhangers uit kan sien tydens sy eenmalige optrede volgende naweek.

WITRIVIER – Die vertoning word op Saterdag 1 Junie by die NG Witrivier Gemeente ten bate van NG Witrivier se Omgeefonds gehou. Indien jy wonder wat om met jou woelwaters die aand te doen, sal daar ook toesig wees vir kinders jonger as 10 teen slegs R30 elk.
LEES OOK: LUISTER: Is hierdie twee Secret Sound antwoorde dieselfde?
Die naam “Joshua na die Reën” verwys na ‘n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van eerlikheid en hoop. Sy hart is nog altyd dat mense genoeg sal hê en dat die wêreld ‘n plek van hoop sal wees. “Ek besef al hoe meer dat hoop nie ‘n plek is waarheen jy kan trek nie, maar ‘n plek is wat jy in jouself vind,” sê die talentvolle Afrikaanse liedjieskrywer en musikant.

“En as ek vir hierdie plek ‘n naam kon gee, sou dit Someraarde gewees het.” Indien sy vorige twee albums jou hartsnare geroer het, beloof sy derde album, Someraarde om jou te bederf met diep woorde en strelende melodieë. Kaartjies is R120 per volwassene en R50 per laerskoolkind en is beskikbaar by NG Witrivier-kantoor, Laeveld Apteek, Purple Ribbon Boutique by Westend-sentrum en NG Westergloed-kantoor asook aanlyn by quicket.co.za.
LEES OOK: Klipspringer parents gather at school for shutdown
Koop ‘n kaartjie en wen. Daar is ‘n naweekwegbreek vir ses persone te wen by Sabie River Camp ter waarde van R2 800. Die wenner sal die aand by die vertoning gekies word en almal wat bywoon staan ‘n kans om hierdie prys te wen. Indien jy wonder wat om met jou woelwaters die aand te doen, sal daar ook toesig wees vir kinders jonger as 10 teen slegs R30 elk.
Laasgenoemde sluit iets te ete in. Die kuier begin om 17:00 by die gemeentesentrum en daar sal kosstalletjies beskikbaar wees. Kom kuier saam en geniet ‘n sielvolle aand. Navrae: Antoinette by 0
