Local newsNews

Plaaspret heeldag lank

Vir dié rede sal die Longtom Plaasfees van 09:00 die oggend af gelaai wees met gesins- en natuurpret asook telers van honde- en ander diererasse.

Dis wat dr. Marietjie Malan in gedagte het vir die Longtom Plaasfees – ‘n eerste vir Lydenburg op Saterdag 2 November by Rooikatpark. En nie op kleinskaal nie, het sy en haar span, dr. Debbie English en Luné Albrechts besluit.

Dis hoekom hulle oë toegeknyp het en die kunstenaar Brendan Peyper as deel van die vermaak vir dié dag bespreek.
Met die doodloop van ‘n Boeresportdag in Lydenburg, het Marietjie besef dat die dorp se kinders nie genoeg blootstelling aan diere of gesonde plaaspret kry nie.

“Ons wil vir kinders wys dat daar meer in die lewe is as rekenaar- en TV-speletjies. Die natuur en diere kan vir groot vermaak sorg,” glo Marietjie en haar span by Longtom Dierekliniek.

Diere was van jongs af haar grootste tydverdryf, vertel Marietjie. “Ek het nie met poppe gespeel nie, ek het diere gehad.” Sy het op drie begin perdry en het toe al geweet dat sy ‘n veearts wou word. Op die plaas buite Ermelo het sy van vyf jaar af geboer en op haar een-oogperd Lady, die beeste en skape aangejaag, soms vyf kilometer ver.

Toe sy na universiteit by Sterkspruit Dierekliniek in Lydenburg land, sou sy aanvanklik net locum, maar hier sou sy as veearts vir agt jaar werk. In dié tyd het sy vir Jako, ‘n meesterhoefsmid van Sabie ontmoet en hulle is in 2003 is hulle getroud.

LEES MEER: New vet is eager to treat locals’ pets with great care

Marizelle en Elsabé het in 2004 en 2009 deel van die gedugte De Klerkspan geword.
Die gesin hoef nie eintlik met vakansie te gaan nie, vertel Marietjie – die uitdaging van haar werk betrek hulle as span by ongewone avonture. Soos om 17 buffels te gaan verdoof. En dis gewoonlik Jako se werk. Hy is haar krag wanneer sy met groot diere werk.

Marietjie se betrokkenheid by die jeug en gemeenskap was nog altyd daar. In haar meer as vier jaar as staatsveearts, was Tonteldoos se donkiekarprojek haar idee.
Rooikatpark se jaarlikse boeresport was haar hart se punt. Die Longtom Plaasfees op 2 November gaan nou dié plek nou vul.

LEES MEER OOR LONGTOM DIERE KLINIEK: Vrou geskok oor die skietdood van waghond

Om die Longtom Plaasfees op Saterdag 2 November by Rooikat Rugbyklub te maak werk, het Marietjie, English en Albrechts die gemeenskap se hulp dringend nodig.
Die infrastruktuur vir so ‘n dag is duur – van professionele kunstenaars tot ‘n behoorlike verhoog en klankstelsel.

Besighede kan by die pretdag betrokke raak deur borgskappe of stalletjies met bemarkingsgeleentheid.
Kunstenaars wat kan optree is ook welkom om van hulle te laat hoor, asook telers wat hulle ras aan die publiek wil bekendstel.

Skakel Albrechts by
013-235-1224 of 071-285-8122 of
e-pos longtomdierekliniek@gmail.com.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button