Local newsNews

Care Buddies trakteer op tee en modes

Vir talle plaaslike bejaardes was die jaarlikse teepartytjie wat Witrivier se Care Buddies aanbied weer ‘n hoogtepunt. Vanjaar het sowat 200 van hulle die NG Kerksaal op die dorp volgepak terwyl die Care Buddies voluit gegaan het om hulle te bederf. Benewens die tradisionele eetgoed saam met die tee, is die gaste ook op ‘n …

Vir talle plaaslike bejaardes was die jaarlikse teepartytjie wat Witrivier se Care Buddies aanbied weer ‘n hoogtepunt.

Vanjaar het sowat 200 van hulle die NG Kerksaal op die dorp volgepak terwyl die Care Buddies voluit gegaan het om hulle te bederf.

Benewens die tradisionele eetgoed saam met die tee, is die gaste ook op ‘n modeparade en sang getrakteer. Inwoners van Rustig Ouetehuis en Macadamia, vergesel deur aantreklike jong manne van Uplands College, het verskeie gepaste uitrustings vertoon en Carien van Jaarsveld het ‘n paar gewilde sangnommers gelewer.

Elsa Keyser en Leon van Rensburg.
Nancy Grover vertoon etniese uitrusting.
Shirley Swanepoel en Joy Wentzel.
Tinky Hawthorn en Fay Tilly.
Elsa Jonker en Olivia Mkansi.
Babs en Robbie Dehrmann.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button