Local newsNews

Ratels laat oorwinning deur vingers glip

Die Ratels en hul teenstanders van Barberton het mekaar Saterdag in die koue vir 'n tawwe rugbystryd op Ohrigstad-stadium gepak.

Die dag se rugby is afgeskop met ‘n wedstryd tussen die ou manne wat gewys het hulle is nog in staat om ‘n rugbybal te bemeester.

Die Kruppel Buffels en die Omies van Ohrigstad het die jongklomp ‘n les geleer en gewys waar Dawid die wortels gegrawe het, as dit by rugby kom.
Teen laatmiddag was dit tyd vir die hoofwedstryd om af te skop. Ondersteuners het die paviljoen toegepak. Sommige het die koue trotseer met ‘n kombers om die lyf en ‘n lekker warm drankie in die hand.

Met die opening van spel het die Ratels vinnig oor die doellyn gaan kuier en het Llewellyn Erasmus punte op die telbord geplaas. Kort daarna is die Ratels se tweede drie deur WK de Jong aangeteken.
In die tweede helfte het Sakkie Mbangi deur die verdediging geglip en nog punte op die telbord geplaas. Slegs een van die Ratels se drieë is deur Sia Mbangi verdoel. Afrigter van die Ratels, Wayne Dietrich meen dat die span van

Baberton in die tweede helfte die guns van die wind van agter gehad en dit tot hulle voordeel gebruik het om die voortou te neem en uiteindelik die wedstryd met 38-17 te beklink.

Barberton Rugbyklub se voorsitter, Jaice Terblanché sê hulle is opgewonde om met ‘n wen te kon wegstap, hoewel hulle geweet het dit gaan ‘n harde wedstryd wees. “Dit was ‘n lekker wedstryd, die spanne het mekaar goed die stryd aangesê,” vertel Terblanché.

Tydens die wedstryd is een Ratel sowel as ‘n speler van Barberton met ‘n draagbaar van die veld gedra. Denver Christian van die Ratels se kopbesering is nie te ernstig nie, maar Jaundré Jooste van Barberton was nie so gelukkig nie. Hy het sy eerste nekwerwel gekraak en erge harsingskudding opgedoen en sal vir vir ses weke moet rus.
Die agterspeler van die wedstryd was Sia Mbangi en die voorspeler so wel as speler van die wedstryd was Marco Maree.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button