Local newsNews

Mel Botes laat die harte warm klop in Kaapsehoop

Botes het die gaste met 'n repertoire van sy eie musiek vermaak en ook dié van Pink Floyd, Bob Dylan, John Lennon en ander Afrikaanse topkunstenaars nadergetrek.

KAAPSEHOOP – Dit was Sondag nogal koud op die berg, maar die gewilde sanger, Mel Botes het gaste in die flou wintersonnetjie by die Bohemian Groove Café behoorlik aan die brand gesing.

What’s happening in the Lowveld this weekend

Op die spyskaart was heerlike lamsboud, hoender en Eisbein uit die roker, warm Glühwein en goeie Ierse donkerbier vir die byt in die lug.

Botes het die gaste met ‘n repertoire van sy eie musiek vermaak en ook dié van Pink Floyd, Bob Dylan, John Lennon en ander Afrikaanse topkunstenaars nadergetrek.

Sy weergawe van Piet Botha se “Bertie’s Mooring” het goeie aftrek gekry, min wetende dat dié rocklegende se uurglas op daardie tydstip besig was om uit te loop.

Use water wisely as water levels continue to dwindle in Mpumalanga

Botha, wat aan pankreas-kanker gely het, is Sondag-aand na ‘n kort siekbed oorlede. Hy was nog in Oktober verlede jaar saam met Botes en die ander lede van die “Riders” by Bosrock in die Laeveld in aksie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button