Hazyview en Barberton spook dit uit op die rugbyveld
Hulle het met net twee punte teen 'n vasberade span van Barberton verloor.
Hazyview Rugbyklub het die afgelope Saterdag, met die laaste wedstryd in die eerste ronde van die Phakisa Mayors Reserweliga gewys dat hulle nog glad nie afgeskryf moet word nie.
Hulle het met net twee punte teen ‘n vasberade span van Barberton verloor.
Met die eindtelling van 24-22 is die spanbestuur baie positief oor die tweede helfte van die liga wat nou voorlê. “Die manne het gewys dat hulle kan saamspeel en die span begin nou lekker bymekaarkom,” het klubvoorsitter, Kobus Fouché na die wedstryd gesê.
Onder die voorspelers het Giardt Greyling hom onderskei om as voorspeler van die wedstryd aangewys te word en Stefan Veldsman is as agterspeler uitgesonder vir dié gesogte titel.
Drieë is deur Veldsman, Neels du Preez, Lucky Nkomo en Waiden Maritz gedruk en laasgenoemde het ook een van dié drieë verdoel.
Die vorige naweek het Hazyview se manne nog met 19-27 teen KaMhlushwa se Black Cats vasgeval.






