Stad se jong koorlede sing in harmonie
Laerskool Nelspruit se koormeester, Isabel van Veenhuyzen, het vertel dat vyf plaaslike skole teen strawwe kompetisie dit deurgemaak het na die finaal wat op die kykNET NOU-kanaal uitgesaai sal word.
MBOMBELA – Die streeksuitdunne van Sing in Harmonie is op 13 Mei by Hoërskool Nelspruit gehou. Dié koreskouspel het met volle ondersteuning van die gemeenskap plaasgevind.
Die koorlede het die betrokke skole sterk verteenwoordig en almal het uitgesien om deur te dring na die volgende ronde. Die finaal vind in Oktober by Gold Reef City plaas.

LEES OOK: Oud-Laevelder palm eerste plek in by Kona Yesterman in Hawaii
Laerskool Nelspruit se koormeester, Isabel van Veenhuyzen, het vertel dat vyf plaaslike skole teen strawwe kompetisie dit deurgemaak het na die finaal wat op die kykNET NOU-kanaal uitgesaai sal word. Laerskool Nelspruit se optrede het hulle ‘n plek in die finaal gewaarborg.
LEES OOK: VIDEO: Bikers’ tunnel welcomes rugby players
Die kore wat die geleentheid het om die provinsie se vlag hoog te laat wapper in die finale ronde is:
Junior koor:
– Laerskool Nelspruit.
Senior kore: (informele afdeling)
– Laerskool Nelspruit
– Laerskool Witrivier.
Hoërskoolkore
– Hoërskool Nelspruit Meisieskoor
– Lowveld High School.
