Local newsNews

OPVOLG: Drie in hof oor aanval

Die drie het Donderdag en Dinsdag in die hof verskyn en is steeds in aanhouding. Hulle sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn.

KOMATIPOORT – Drie verdagtes sal na verwagting vandag weer in die plaaslike hof verskyn, nadat hulle verlede week vasgetrek is in verband met ‘n aanval op Theuns Botha die week tevore.

Kabeldiewe val plaashuis naby Komatipoort aan

Of Botha ook aangekla sal word, aangesien polisie glo dat hy een van die inbrekers gewond het, sal deur die hof self bepaal word.

Hy hou vol dat die polisie nie ‘n vuur-wapen by hom sal vind nie. Botha en sy vrou was verlede Maandag-aand in hul huis net buite Komatipoort toe ‘n groep verdagtes probeer het om in te breek en verskeie vensters stukkend geslaan het.

Die boewe het na bewering die vorige aand gereedskap uit Botha se pakkamer gesteel en dit gebruik om die huis te probeer betree. Dit is die tweede keer in byna drie maande dat vermeende diewe die Botha’s aangeval en hulle huis beskadig het. Daar is ook gedurig by hul pakkamer ingebreek en kabels gesteel.

Een van die inbrekers is tydens die jongste voorval met ‘n vuurwapen geskiet en die driemanskap het gevlug.
Sers. Natacia Mbuyane van die Komatipoort SAPD sê dat die verdagtes hul gewonde makker na ‘n wegkruipplek geneem het en ‘n vriend in kennis gestel het van die voorval. Die vriend het toe ‘n ambulans ontbied.

Polisie het tydens hulle ondersoek twee verdagtes opgespoor en hulle het die polisie na die plek geneem waar die gesteelde gereedskap versteek is. Hulle het ook erken dat die derde verdagte in Tonga Hospitaal opgeneem is. Die verdagte is behandel en later ontslaan.

Die drie het Donderdag en Dinsdag in die hof verskyn en is steeds in aanhouding. Hulle sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button