Local newsNews

Waar die ou Fig Tree Hotel voorheen was

Hierdie is 'n gereelde kykie na die lewe en plekke van ou Nelspruit. Maak seker jy volg dit elke week in Nelspruit Post.

Dit word my vertel dat hierdie een van die oudste foto’s van ou Nelspruit is, geneem in ongeveer 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog. Dit wys die oorspronklike Fig Tree Hotel op die hoek van die hedendaagse Andrews- en Henshallstraat in die middedorp.

Die lugfoto van Mbombela is in 2007 geneem.

Anders as vele Suid-Afrikaanse dorpe wat om ‘n kerk ontstaan het, was dit ‘n spoorwegstasie wat Nelspruit, vandag Mbombela, se kern gevorm het. Alhoewel hierdie hoek eens op ‘n tyd die hartklop van die jong gemeenskap was, is dit deesdae maar ‘n slordige plek met ‘n afslagwinkel of twee.

LEES OOK: BREAKING NEWS: Fifth break-in devastates Nelspruit SPCA

‘n Foto van die ou Fig Tree Hotel uit die jare 30.

Die lugfoto is in 2007 geneem.
Vroeër was baie geboue sulke voorafvervaardigde sinkstrukture waarvan daar vandag nog talle in Pilgrim’s Rest behoue gebly het.

Wat van die hotel se fasade soos op hierdie foto uit die jare 30 geword het, is onbekend. Toe die hotel in die negentig sy deure moes sluit, was die hoofingang in Andersonstraat in die volgende blok.

LEES OOK: Family grateful for recovered scooter

Een van die oudste foto’s van ou Nelspruit is in ongeveer 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog
geneem.

LEES OOK: Nellies maak opslae tydens eerste ronde van ATKV Redenaars

Ons hoor graag wat ons lesers nog kan onthou en vertel. Kontak marius@lowveldmedia.co.za.
Hierdie is ‘n gereelde kykie na die lewe en plekke van ou Nelspruit. Maak seker jy volg dit elke week in Nelspruit Post.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button