Local newsNews

Hierdie is Innibos se vlagskipproduksie wat jy nie mag misloop nie

Uit die pen van Fiëstawenner Retief Scholtz.

 

Hans Gouws – in sy dertigs, ’n veiligheidswag – spandeer sy agtste Paasnaweek in ’n ry aan diens by We Crate You Up Storage Solutions. Alleen. Alleen pla nie vir Hans nie – sê hy altyd. Terwyl Hans gemaklik met die winkelpop in die hoek gesels, voel dit vir Hans asof hy alles reeds uitge-figure het. Hy het sy keuses gemaak en vrede gemaak daarmee. Hy is, volgens hom, gelukkig en tevrede. Niks pla vir Hans nie en niemand pla vir hom nie.

Dan – sonder waarskuwing – verskyn Man.

Wat presies Man daar doen (en waarom hy nie wil weggaan nie) weet Hans nie – nóg nie. Al wat hy weet, is dat Man antwoorde soek en hy gaan nêrens tot hy dit gekry het nie.

Nagskofkliek probeer verstaan hoe dit moet wees om ’n koppie tee te drink saam met die weergawe van jouself wat jy nog altyd gedink het jy wil wees en wat gebeur as jy nie meer vir jouself kan jok nie.

Toneel: Komiese drama

Met: Albert Pretorius en Melt Sieberhagen

Teks: Retief Scholtz

Regie en stel: Etienne Fourie

Tegniese regisseur: Lize van Rooyen

Gradering: Geen o/13 OB

Tydsduur: 70 minute

Datums en tye: Woensdag 26 Junie 10:00/ Donderdag 27 Junie 16:00/ Vrydag 28 Junie 09:00 en Saterdag 29 Junie 14:00

Venue: Laeveld Laerskool

Prys: R142

Debuut

Ondersteun deur NATi en Brand Incorporated. Stel gebou deur: Clip-Lok SimPak South-Africa (Pty) Ltd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button