Groot geeste help afrig by krietweek
Nagenoeg 16 skole, 38 spanne, 456 kinders en 76 afrigters is gerat vir die jaarlikse krieketweek wat 30 Junie in Witrivier afskop.

Vir die eerste keer sedert die week se bestaan, gaan Ryan Maron van Cricket School of Excellence en krieketlegende Jonty Rhodes by die span afrigters aansluit. Hulle sal elke span vier keer afrig, waarna ten minste vier wedstryde gespeel gaan word.
Read More: Trevor Smith Cricket Week enjoyed by all
Die wedstryde word op die velde van Laerskool Nelspruit, Nelspruit Primary, Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier gespeel.
Nog ‘n eerste is dat die wedstryde reg-streeks gebeeldsaai gaan word. “Dit beteken pa of ma kan die wedstryde kyk, al kan hulle dit nie bywoon nie. Met die Webcricket-toep kan hul ook die telling bal vir bal volg.
Die regstreeks uitsending bied ook geleenthede vir borge wat blootstelling wil hê,” het organiseerser, Iaan Javob gesê.
Meer inligting sal later verskaf word.
Navrae: 076-202-4869, https://www.facebook.com/Whiterivercricketweek/ of iaanjacob@hotmail.com.
