Behandeling in Indië bring hoop vir klein Mienke
Vir meer inligting, volg gerus die Please Pray for Mienke Facebook-blad.
MBOMBELA – Ryno en Verna Mulder het gister saam met hul tweejarige dogter, Mienke, na Indië.
Die kleuter in Augustus 2017 in Mbombela aan haar bottel gestik en breinskade opgedoen het. Die breinskade het daartoe gelei dat Mienke nie kan loop of praat nie, erg aspireer en stuipe kry.
“Maar sy kry al vir die laaste drie maande nie stuipe nie,” vertel Ryno vanuit Gauteng waar die gesin nou woon. Verlede jaar het Mienke se neuroloog voorgestel dat sy vir stamselterapie in Indië gaan. Hierdie stamstelle skep nuwe paaie na haar brein wat van haar liggaamfunksies kan verbeter.
LEES OOK: OPVOLG: Mienke terug by die huis en vol hoop vir Indië
Volgens Ryno gaan sy in die hoofstad, Mumbai, in die hospitaal opgeneem word.
“Die eerste dag gaan hulle haar stuur vir toetse en die tweede dag gaan hulle die beenmurg onttrek. Stamselle word dan oornag gekweek en die derde dag plant hulle dit vir Mienke in,”
verduidelik Ryno.

Die Mulders sal tot 30 Junie in Indië wees. Hulle beoog ook dat Mienke op ‘n latere stadium weer vir die terapie in Indië gaan en samel steeds geld daarvoor in. Die koste van hierdie twee ekskursies beloop ongeveer R600 000.
Hy bedank wel almal wat finansiële bydraes gemaak het en wat saam met hulle bid vir genesing vir Mienke.
Vir meer inligting, volg gerus die Please Pray for Mienke Facebook-blad.
LEES OOK: Met ontwrigte heupe Mienke terug in hospitaal
