Local newsNews

KYK: Jongspan kuier lekker saam met Lollos en Lettie

Die opgewonde klomp het saam gesing en dans en het nie een keer geaarsel om Lollos en Lettie se vrae te beantwoord nie.

MBOMBELA – Dié woelwaters is verlede Saterdag deur Lollos en Lettie by die NG Moedergemeente in Bellstraat vermaak.

LEES OOK: Vanjaar se Innibos vat vlam en jy is genooi

Jeanne Badenhorst.

Ouers het die jongspan vergesel en hulle was heel opgewonde om die geleentheid by te woon. Die kleintjies het oopmond gestaar en entoesiasties deelgeneem toe die gewilde karakters op die verhoog stap.

Hulle het gesing en saam gedans en het nie een keer geaarsel om Lollos en Lettie se vrae te beantwoord nie. Die unieke manier waarop hulle die kinders leer oor belangrike dinge soos veiligheid, netheid en hoe om aktief te bly, is beslis toepaslik.

Reinhard Viljoen.

LEES OOK: Daguitstappie ruk handuit

Dié gewilde karakters poog om seker te maak kinders leer hierdie belangrike lesse en neem dit ter harte in hul alledaagse lewens. Te oordeel aan die kinders se reaksie, is dit duidelik dat hulle hierdie manier van saam leer en oefen, terdeë geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button