Local newsNews

Madelein Rust gesels oor Kanker Schmanker, Doodsengel

'n Goeie teenmiddel vir die koue was Madelein Rust se vuurwarm gesprek met Alita Steenkamp wat Woensdag by die ATKV-Boeke-oase gehou is.

Die gesprek het gehandel oor Rust se boek, Kanker Schmanker sowel as haar nuutste roman, Doodsengel.

LEES OOK: FOTO’S: Nuutjie met detensiepret

“As ek nooit kanker gehad het nie, sou ek nie die mense ontmoet het wat ek het nie,”

het Rust vertel. Steenkamp het Rust geloof oor haar eerlike vertelling van haar stryd met die siekte en hoe sy dit humoristies maar steeds outentiek gehou het.

Anders as Rust se ander misdaadfiksieromans, fokus Doodsengel nie op die karakters Renata Malan en Stefan Coetzee nie, maar eerder op ‘n nuwe karakter, Magdalena Bakkes, wat as ‘n reeksmoordenaar uitdraai.

LEES OOK: Genoeg om van te kies en te keur by vanjaar se Bosmôl

Rust het aan Steenkamp erken dat dit vir haar moeilik is om van ‘n karakter afskeid te neem, “maar sodra ek die een manuskrip na die uitgewers stuur, begin ek dadelik weer met die volgende een”.

Steenkamp het ook gewys op Rust se kort hoofstukke wat in al haar romans verskyn. Rust het verduidelik dat dit juis so gedoen is om spanning op te bou en die leser aan die lees te hou.

Sy het ook verklap dat sy tans besig is om aan twee nuwe romans te werk waarna aanhangers binnekort kan uitsien.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button