Local newsNews

Reëntjie verdamp deur warm vermaak

Feesgangers moes Woensdagoggend inderhaas van die reën skuil en baie het toevlug in die Laevelder/Vodacom Arena-verhoog gevind. En met ‘n indrukwekkende program vol van die land se beste kunstenaars, het baie hul vir die dag (of ten minste ‘n paar ure) by die tafels onder die markiestent tuisgemaak.

Woensdag se program het Pieter Smith, Ivan Roux, Lizandra Winter, Die Kitaarkêrels, Wolwe-Dans, Jennifer Zamudio, Martin Bester, Caroline Grace, Jan Bloukaas en Pieter Koen ingesluit. Die kunstenaars het die gehoor met bekende treffers, maar ook ‘n paar vuurwarm nuwe liedjies vermaak.

Lizandra Winter se indrukwekkende stemtoertjies het oor die feesterrein weergalm en sy het ook ‘n paar harte met haar treffende lirieke geraak. Die Kitaarkêrels het die voete laat jeuk met hulle getokkel en Martin Bester het die gehoor met liedjies van sy nuwe album vermaak.

Feesgangers sal vandag weer puik kunstenaars kan hoor sing en die program gaan weer propvol vertonings wees vanaf 11:00 tot 17:30. Bad Peter skop die vermaak af, gevolg deur Pieter Koen, Burgerd Botha, Jennifer Zamudio, Jan Bloukaas, WG Nel, Len Muller, Bianca Blanc, Ivan Roux, Jakkie Louw, Caroline Grace en Pieter Smith.

Daar is nie net kroeë met drankies om die kele nat te hou nie, maar Vodacom bied ook talle spesiale aanbiedings en promosies spesiaal vir Innibos, so maak gerus ‘n draai en talm so ‘n bietjie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button