Komaties se vroeë matriekafskeid is ‘n glansgeleentheid
Alhoewel Komatipoort Akademie se matriekafskeid so 'n paar maande vroeër geskuif is, was die matrieks behoorlik uitgevat en het met interessante voertuie by die skoolsaal opgedaag.
KOMATIPOORT – Hierdie jaar het die matrieks van Komatipoort Akademie ‘n paar maande vroeër as gewoonlik van hul sorgelose skooldae afskeid geneem.
Ouers en vriende het op 12 Junie die groep en hulle metgeselle met hul aankoms by die matriekafskeid by die skool toegejuig en hulle verwonder aan die stylvolle uitrustings.
Terwyl die meeste paartjies in spoggerige of veteraanvoertuie opgedaag het, het een paartjie te perd tot by die skoolsaal gery.
Matrieks het daarna in die pragtig versierde swart-en-witsaal gekuier en heerlik saamgedans. Die jong mans het bolkeile op hulle borde gekry en die meisies pragtige maskers.
Sien meer foto’s op die skool se Facebook-blad hier.
Hulle kon smul aan tafels vol heerlike southappies en soetgoed soos hamburgers en melktertjies.

Noudat die matrieks vir oulaas as ‘n groep saamgekuier het, hoop ouers en onderwysers dat die leerders heelhartig op hul eksamens sal konsentreer en puik uitslae sal lewer.
LEES: Matrics: Use your holidays to recover and prepare for exams





