Local newsNews

kykNET NOU! rock rekordgehoor

Die kykNET NOU! Rock-konsert Donderdagaand was 'n behoorlike ode aan rock.

‘n Rekordgetal mense, 18 923 om presies te wees, het die fees die dag bygewoon. Dit is die meeste nog vir ‘n Donderdag in Innibos se 16 jaar.

Oud en jonk het #vuurenvlam in hul massas voor die hoofverhoog saamgedrom – en hoendervleis gekry om Fokofpolisiekar daar aan te tref.

FPK en sy splintergroepe is natuurlik geen nuutjie by Innibos nie (eersgenoemde was verlede jaar by die kykNET NOU! Rock-verhoog), maar die oorspronklike band op die groot verhoog het aanhangers teruggevoer na hulle fleur.

Eerste aan die beurt, egter, was Harrebaard, met Frank Opperman as hoofsanger. Dié ooms het hul harde rock-en-rol-stel met “Gisteraand” afgesluit.

En toe Bittereinder se eerste keer op die hoofverhoog. ‘n Mens verwag die Afrikaanse hip-hoppers bietjie later in die aand, maar hulle energie het die gehoor lewe gegee. En hulle beats het goed geklink teen die massiewe sisteem.

“Die Berge Brand”, “Jakkals Trou” en “Hartseer Gangster” gaan nie almal wat hierdie week eers met Bittereinder kennis gemaak het, noodwendig Musica toe laat hardloop nie, maar veral ouer lede van die gehoor het dit “interessant” gevind.

Kwaad Naas het wel die “medium”-toppies op hul voete gehad, om van die jonges (regdeur) nie eens te praat nie.

En toe, hallo, Bad Peter verras met ‘n verskyning (hulle was nie op die oorspronlike speellys nie). Die duo maak slegs met kitare musiek. ‘n Fees vir die ore.

KYK OOK: VIDEO: Chelsea Blommeskou @ Innibos 2019

Die Heuwels Fantasties het hulle ou liedjies gesing. Dit het ‘n bietjie van ‘n demper op verrigtinge geplaas, maar almal het saamgesing op “Klein Tambotieboom” – na 10 jaar ken almal die woorde.

Karen Zoid het darem verseker dat Afrikaners weer plesierig raak en met mening gerock.

Soos die aand verloop het van die konsertgangers onder mekaar stry gekry oor wie van hulle se liedjie As Musiek Begin Speel is, voor Zoid “Toe Vind Ek Jou” solo opgevoer het.

Francois van Coke het nie sy verwagte opwagting gemaak om Fokofpolisiekar in te lei nie – Zoid het eers met Doors se “Roadhouse Blues” afgesluit.

Maar toe is dit tyd dat FPK Suid-Afrika aan die brand rock.

Die liedjie resoneer dalk nou sterker as 13 jaar gelede toe dit geskryf is.

Ek vermoed dat iedere konsertganger elke FPK-liedjie woord vir woord saamgesing het.

Prime Circle het afgesluit met hul treffers. “She Always Gets What She Wants” en “Pretty Like The Sun” staan uit. Lieflik.

Donderdag het nog nooit so baie soos ‘n Vrydagaand by Innibos gevoel nie.

LEES OOK: Wie nie Koekeloer! nie, kan nie wen nie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button