Local newsNews

Lag jouself ‘n papie by Komedie-crawl

Hierdie crawl is nou in sy derde jaar en uitstekende waarde vir geld.

Tydens die Komedie-crawl begin die vermaak al op die bus op pad na Ingwenyama Conference & Sport Resort.

Vrydagaand se gehoor (die meeste vreemdelinge vir mekaar) het mekaar met hul eie grappies vermaak.

Ingesluit in jou R302 kaartjieprys is drankies en ‘n cheese griller-aandete.

Boonop bied dit vier ure se vermaak van ‘n verskeidenheid komediante.

SIEN OOK: Wie nie Koekeloer! nie, kan nie wen nie

Dowwe Dolla het egter nie vanjaar gekom nie – haar ouma het eerder. Dié kras dame is lief vir haar dop.

Sy het ‘n kleintjiedood aan kosprodusente wat vir jou lieg. Ratelvriendelike heuning? Regtig?

“‘n Ratel is soos Frik du Preez: hy sê hierdie is my heuning, en jou heuning is ook myne.”

Pietman Geldenhuys het die spot gedryf met sy gehoor wat aan’t kook was.

Hulle moes ook help om ‘n liedjie te skryf. Sewe woorde lukraak verkry van gehoorlede en ons het ‘n nuwe liedjie – oor visvang en sexy vee, nogal.

Hannes Brümmer en die gehoor het mekaar ook ‘n bietjie leer ken. Hy word gereeld met ander bekendes verwar.

Toe hy nou die dag maar daarmee saamgaan en beaam, ja, hy is Francois van Coke, trap die tannie hom vir ‘n uur uit oor sy band se naam. Hy kan net nie wen nie.

Barry Hilton het die aand in die boma afgesluit.

“Jy weet jy het dit gemaak as komediant as jy Innibos toe kom en hulle gee jou ‘n venue sonder ‘n dak,” skerts hy.

Hilton maak lig van ernstige sake – soos die bankrowers wat op pad na hul kar beroof word, deur die polisie.

Die Komedie-crawl se sukses lê daarin dat die komedie so uiteenlopend is.

Die pret het egter nie daar geëndig nie. Op die bus oppad terug is die gehoor trakteer op Koos Kombuis se “Lente in die Boland” deur ‘n medepassasier.

‘n Gepaste afsluiting vir ‘n aand vol uitbundige vrolikheid. Cheers.

LEES OOK: kykNET NOU! Rock rekordgehoor

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button