Local newsNews

Sanger kuier eerste keer in twee dekades weer in Komati

Mathys Roets het onlangs onder die Hervormde Kerk se kapokboom Komatipoorters met sy staaltjies en pragtige sang vermaak.

KOMATIPOORT – Verskeie gesinne het Vrydagaand met hul piekniekmandjies onder die kapokboom by die Hervormde Kerk uitgespan om na die uitsonderlike Mathys Roets se sang en staaltjies te luister.

Dit was ter fondsinsameling vir die kerk, maar het ook gepoog om die gemeenskap bymekaar te bring en saam te laat kuier.

Roets het gaste vertel dat hy presies 18 jaar en drie weke laas in Komatipoort gesing het. Dit was by Tambarina, en dit was hartlik en huislik, nes hierdie byeenkoms. Sy een seun was toe twee jaar oud.

LEES: Kom skud jou naweeklyfie saam met Jay en Lianie by die #CorridorBuffalofest

Die geselskap wat saam gekuier het was klein en dit was aansienlik warmer as in die res van die land.

In die gehoor was mense wat al kontak met Roets gehad het. In een geval was hy as jong seun nog die trompetspeler by ‘n troue en die videogreep daarvan kon gedeel word. Ander mense in die gehoor het naby hom gebly.

Roets is ‘n buitelugliefhebber wat in Lesotho ski ingelei het vir rystoelgebonde mense, graag gholf speel en mal is oor die wildtuin. Hierdie besoeke aan kleiner gehore bied ‘n ruskans om die wêreld te leer ken en om lewens te verryk. Sy volgende kuier gaan juis dalk om die gholf gebou word.

Matthys het by Kambaku Gholfklub golf gaan speel saam met Francois Nel van die Hervormde Kerk Komatipoort en een van sy adrenalien-gedrewe vriende.

Sy sang het Leonard Cohen, Neil Diamond en verskeie Afrikaanse sangers waaronder Koos du Plessis ingesluit is, behels. Almal het gewens dit kon onbepaald aanhou.

Die Hervormde Kerk bedank al die borge en almal wat direk of indirek betrokke was by die funksie en waardeer die geld wat ingesamel is.

LEES: Lebombo Festival successfully entertains hundreds this year

Dit lyk asof hierdie perseel al hoe meer ‘n ontmoetingsplek in die gemeenskap word, en gemeenskapslede sien uit na die volgende byeenkoms.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button