Local newsNews

Lekkasies glo oorsaak van hoë waterrekeninge

‘n Druppende kraan wat een druppel per sekonde lek, kan tot soveel as 7 300 liter per jaar mors.

MBOMBELA – R24 000: Dit is hoeveel ‘n inwoner, Vee Vai Crux aan Silulumanzi moet betaal om te sorg dat daar water in haar huis se krane is.

“Hulle het vir ons gesê daar is niks wat hulle aan die hoë rekening kan doen nie omdat ons ‘n lekplek in die pype in ons erf het,” het sy vir Laevelder gesê.

“Ons het iemand gekry om die stelsel te toets en geen lekplekke kon gevind word nie. Nou sukkel ons om die rekening maandeliks af te betaal.”

Thea Rix, wat die Facebook-groep, Mbombela Water and Electricity Information, behartig. Sy
is al moedeloos gesukkel.

LEES OOK: Gesoute klerk lê na 47 jaar die tuig neer

Laevelder het in April berig oor ‘n buitensporige toename in die rekeninge wat deur Silulumanzi aan verbruikers gestuur word. Die watervoorsiener het onderneem om ondersoek na die klagtes in te stel, maar hordes inwoners mor al maande lank oor die onverbiddelike houding van Silulumanzi wanneer hulle kla.

Telkens is die anwoord dieselfde: as die verbruik hoog is, is daar ‘n lekplek in die verbruikers se erf. Michelle Randall van West Acres sê hulle het ‘n skok gekry toe hulle in Junie ‘n verbruikersrekening van meer as R40 000 ontvang het.

“Ons sukkel om antwoorde by iemand te kry.”

Die hoë rekeninge is genoeg om enigiemand ‘n kopseer te gee.

LEES OOK: Gastehuis vier 20 jaar in idilliese bergdorpie

Nomceba Qwabe, ‘n werknemer by die Mpumalanga Wetgewer, sê sy het al vyf weke gelede ‘n skriftelike klag by Silulumanzi ingedien oor twee rekeninge van onderskeidelik R65 000 en R40 000. Tot nou is daar nie op haar klagtes gereageer nie.

Intussen het Tersia Marshall ‘n aanlynpetisie (www.change.org) van stapel gestuur in ‘n poging om Silulumanzi te dwing om aandag aan die saak te gee. Hoewel verskeie inwoners gereageer het op Silulumanzi se versoeke om klagtes direk by hulle in te dien, sê Abdul Khan van Silulumanzi dat hulle die afgelope twee maande net meer as 230 klagtes ontvang het.

“Die sake is almal ondersoek en ons het krediete van meer as R780 00 toegestaan,” sê hy.

LEES OOK: Gimnaste bokspring bo-oor die kompetisie

Volgens hom is daar in die meeste gevalle waar mense gemor het en ter plaatse ondersoeke gedoen is, gevind dat daar wel lekplekke op die verbruikers se persele is.

Hy sê ‘n druppende kraan wat een druppel per sekonde lek, kan tot soveel as 7 300 liter per jaar mors.

“’n Honderd druppende krane veroorsaak ‘n verlies van meer as 700 000 liter per jaar.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button