Honde en katte wat vir ander omgee
Soveel troeteldierbase het die week namens hulle huisdiertjies kom kos skenk by Steiltes SPAR.

Soveel troeteldierbase het die week namens hulle huisdiertjies kom kos skenk by Steiltes SPAR. Die kos is vir die talle hondeskuilings en die Dierebeskermingsverenigings in Mbombela en die omliggende omgewing.
Die eerste foto’s van die diere wat omgee verskyn juis vandag hier in Nelspruit Post. Maak seker jou hondjie of kat is ook aanstaande week hierop.

Al wat jy hoef te doen is om met die volgende besoek aan Steiltes SPAR enige kat- of hondekos te koop en in die trollies buite te laat. Daar is geen rede om jou dier saam te neem nie.
ALSO READ:Help your SPCA in its crusade for animal welfare
Tuis kan jy ‘n foto neem en op die Facebook-groep “Laevelders” plaas – natuurlik met die naam, of epos dit na marius@lowveldmedia.co.za.

Die Laeveld Land Rover-klub se mense het die bal aan die rol gesit en R5 000 se kos by Steiltes gaan koop. Die uitdaging was dat SPAR ook soveel skenk, en die besending is verlede week al by die Nelspruit Dierebeskermingsvereniging afgelaai.
ALSO READ:The Great Nelspruit Post Pub Crawl is back
Die plek het die afgelope maand kwaai onder diesfstal deurgeloop.
Nou is die verdere uitdaging aan die eienaars van bevoorrregte troeteldoere met warm huise en baie liefde, om namens hulle wolkinders ook ‘n bydrae te maak om die voorraad van R10 000 te ewenaar.
Maak seker ons sien aanstaande week jou diertjie ook hier. Dis is iets om mee te spog. Stel jou voor – jou hond of kat in die koerant. Dit gebeur nie aldag nie.
