Local newsNews

Onsekerheid oor gevolge van Nkomati-mynsluiting

Die omvang van die ekonomiese uitwerking wat die sluiting van die Nkomati-myn by Slaaihoek tussen Badplaas en Machadodorp op die plaaslike ekonomie gaan hê, is nog onduidelik.

Die omvang van die ekonomiese uitwerking wat die sluiting van die Nkomati-myn by Slaaihoek tussen Badplaas en Machadodorp op die plaaslike ekonomie gaan hê, is nog onduidelik.

Werknemers is aan die begin van die maand ingelig dat die myn in ‘n proses van sluiting gaan en dat afdankings ‘n werklikheid is.

Die onstabiele en lae niekelprys word as die hoofrede aangevoer, asook die verlies van R186 miljoen wat die myn teen die begin van die jaar reeds getoon het.

Die aanduiding is dat Mbombela en veral die omliggende dorpe soos Machadodorp, Waterval Boven, die nedersettings tussen Badplaas en Tjakastad en Barberton, erg geraak kan word. Hierdie is die blyplekke van werknemers wat daagliks na die myn vervoer is.

ALSO READ:Police arrest four after accidental shooting

Subkontrakteurs en diensverskaffers wag nou om te hoor. Talle het Laevelder al Maandag gekontak vir inligting. Dit het Dinsdag in die koerant verskyn – met verdere kommentaar van die myn hiernaas. Die myn sê onder meer dat gesprekke met individuele subkontrakteurs sal volg namate hulle dienste, as gevolg van die afskakeling van bedrywighede, in gedrang kom.

Dit is op die stadium moeilik om te bepaal tot watter mate plaaslike subkrontrakteurs by die myn betrokke is en of die verlies aan ‘n volgehoue verbintenis met die myn en sy behoeftes, tot groot skade kan lei. Net die daaglikse vervoer van werknemers uit die bogemoemde plekke, was al ‘n bedrywigheid wat menigde ondernemers van werk voorsien het.

ALSO READ:Law enforces set to reappear in court

Diensteverskaffers soos die instandhouding van swaartoerusting en kleiner ingenieursdienste en verskaffers is hoofsaaklik in Mbombela-stad gebaseer.

‘n Mens kan verwag dat baie hiervan nou tot afskaling of selfs sluiting gedwing kan word, ofskoon niemand nog op hierdie stadium sy naam of onderneming aan ‘n openbare mening wou koppel nie. Nou begin die wag en kyk, het ‘n bron aan Laevelder gesê.

Die koerant, in samewerking met bronne en deskundiges, sal oor die komende maande sy lesers op hoogte hou van watter ekonomiese veranderinge uit die myn se sluiting gaan voortvloei of wat te wagte kan wees. Vertroulike inligting sal met die nodige omsigtigheid hanteer word.

Kontak ons by marius@lowvelder.co.za sou daar inligting beskikbaar raak wat noodsaaklike lig op die toestand kan werp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button