Local newsNews

‘Engelkind’ se lewe word Saterdag herdenk

Junior Kabous Goetze is 13 Julie in 'n fratsongeluk oorlede.

MBOMBELA – “Hy was ‘n absolute engelkind en ek het nooit besef die ongelooflike impak wat hy op ander se lewens gehad het nie.”

So vertel ‘n wenende Tershia Goetze, ma van die 23-jarige Junior Kabous Goetze, beter bekend as Kabous, wat vroeg Sondagoggend in ‘n trompopbotsing oorlede is.

Kabous was ‘n vliegtuigtegnikus by Kishugu Aviation wat op die Nelspruit Lughawe se perseel geleë is. Dit was hier waar hy en sy meisie, Liza Bernard, ‘n paar uur voor sy dood ‘n partytjie bygewoon het.

 

LEES MEER OOR DIE ONGELUK HIER: Jongman sterf in motorongeluk

Kabous word oorleef deur sy ma, sy pa Stephan en jonger sussie Melissa.

“Hy het voluit gelewe en altyd ander mense probeer help,”

vertel Tershia.

In ‘n brief wat sy aan Kabous geskryf het, sê sy hy nooit sal besef wat hy vir die Goetze-gesin beteken het nie. “Ons sal altyd lief wees vir jou.” Emile Grobbelaar, hoof uitvoerende beampte van Kishugu Aviation, het gesê hulle is diep geskok.

“Hy was ‘n groot aanwins vir ons maatskappy en gaan baie gemis word. Hy was nie net ‘n kollega nie, maar ook ‘n vriend vir almal om hom. Ons innige meegevoel en simpatie vir al sy familie en vriende in die tyd.”

Johan du Plessis, algemene bestuurder van Kishugu Aviation, het bygevoeg dat hulle die gesin, asook die kollegas wat deur die verlies geraak is, bystaan en help waar hulle kan. “Hy was altyd postitief en het altyd die ekstra myl gegaan. Hy gaan groot leemte los.

Sy gedenkdiens word Saterdag om 11:00 by Church Unlimited gehou.

LEES OOK: GALLERY: Rotary hosts career day to brighten the future of the next generation

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button