Local newsNews

Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel open tak in Witrivier

Die winkel het 12 Julie amptelik sy deure in Theo Kleyhansstraat geopen.

WITRIVIER – Is jy op soek na ‘n winskopie? Of het jy enige items in jou huis wat ‘n nuwe baas soek? Dan is die splinternuwe Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel die perfekte plek vir jou.

In die winkel kan jy enigiets vind van tierlantyntjies en linne, tot speelgoed en selfs trourokke.

LEES OOK: Helpende Hand benodig skenkings vir nuwe winkel

Volgens Helpende Hand se streeksvoorsitter vir Mpumalanga en KwaZulu-Natal Noord, Annemarie van Heerden, is dit hul agtste winkel in die provinsie, “en ons beplan beslis om nog oop te maak”.

“Enigeen wat ook ‘n winkel wil oopmaak is meer as welkom om met ons kontak te maak en dan kyk ons hoe ons kan help,” sê Van Heerden.

Dié wat belangstel om ook ‘n winkel te begin, kan hul CV’s stuur na annemarie@helpendehand.co.za.

LEES OOK: Helpende Hand samel fondse in om Laeveldse kind te help studeer

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button