NHS hou matriekafskeid so in die hartjie van Afrika
Mombasa word beskryf as Kenia se gewildste toeristebestemming weens die tropiese klimaat, asemrowende natuurskoon en vriendelike atmosfeer.

Mombasa word beskryf as Kenia se gewildste toeristebestemming weens die tropiese klimaat, asemrowende natuurskoon en vriendelike atmosfeer.

Kenia het vele betekenisse. Vir Trudi van Wyk, organiseerder van Hoërskool Nelspruit se matriekafskeid. beteken dit “kind van God” en “die grootse kampioen”. Dit was waarom dié bestemming gebruik is as tema vir hierdie jaar se matriekafskeid.
Dié spoggeleentheid het Saterdag by Riverside Mall en Emnotweni plaasgevind.
Lees ook: Hoërskool Nelspruit se bestuurskommitee aangewys
“Ons eie kontinent hoef nie terug te staan vir enige ander plek in die wêreld nie. Kinders van Afrika is op vele terreine kampioene en daarom mag ons groot droom,” sê Van Wyk.
Die gr. 11-ouers en -leerders het Emnotweni se ingang omskep met kleurryke plantegroei. Die saal was smaakvol versier met fyn liggies en goue versierings.

Hierdie jaar is die matrieks weer eens deur ‘n skare ouers, vriende en familie verwelkom. Daar was weer ‘n verskeidenheid van motors, motorfietse en selfs ‘n hyskraan te sien by die opkoms.
Lees ook: Laeveld lewer eerste Springbokkaptein op
Pragtige rokke in verskillende kleure, opmerklike blompatrone en selfs modieuse broekpakkies is gedra. Die seuns het nie teruggestaan nie met blink gepoleerde skoene en onderbaadjies.

Dit was ‘n feestelike aand wat die 2019-matrieks nog lank gaan onthou. Van Wyk sê dat die hoogtepunt vir haar as organiseerder die harmonie, liefde en geduld van ouers en kollegas was wat saam met haar gewerk het. Sy waardeer dit opreg.
Foto’s: Jolian’s photography.
