Pretwedloop verhelder met ’n duisend liggies
Volgens een van die pretwedloop se organiseerders, Nicole Henn, word die fondse wat gedurende die aand ingesamel is gebruik vir die personeelfonds.

MBOMBELA – Die leerders van Laerskool Nelspruit het hul liggies verlede Woensdagaand op ‘n heel ander manier laat skyn by die skool se Glow Run. Gedurende die pretwedloop was Nellies, hul ouers en ander deelnemers getooi in helder kleure.

Hulle het ook gloeistokkies, flikkerligte en kopligte by hulle gehad. Om 18:00 het die 988 deelnemers weggespring met drie vuurwerke wat ook die hemelruim verlig het. Die wedloop het op die skool se gronde plaasgevind.

LEES OOK: As jou salaris net ‘n naweek hou
Volgens een van die pretwedloop se organiseerders, Nicole Henn, word die fondse wat gedurende die aand ingesamel is gebruik vir die personeelfonds.
“Die groot doel hier vanaand is eintlik net om soveel moonlik pret te hê en ook vir kinders die geleentheid te bied om binne ‘n veilige omgewing aan ‘n wedloop deel te neem.”

LEES OOK: Boekverhaal omskep in ‘n uitmuntende radioproduksie
Henn het verduidelik dat hulle dit in die aand gehou het sodat die ouers ook kan deelneem en dat hulle baie opgewonde is oor die groot deelname.
