Motordiefstal Ontploffing
Ongeveer 10 verdagtes is die afgelope week weens motordiefstal in die Mbombela-omgewing gearresteer.
‘n Silwer Volkswagen Polo is omstreeks 06:00 Saterdagoggend as gesteel aangemeld, nadat die klaer agtergekom het dat die voertuig nie meer in haar oprit gestaan het nie.
Die Elyon Panorama Village-kompleksinwoner, Jani Allan (51) het besluit om Hi-Tech Security te betrek, wat ‘n massiewe soektog geloods het na die voertuig. Ruben Hechter het aanvanklik die klaer bygestaan, waarna Callum MacPherson van Hi-Tech Security die bedrywighede oorgeneem het en die voertuig is net na 14:00 Saterdagmiddag gevind by Sterkspruit, naby Alkmaar.
ALSO READ : Stepfather sentenced to seven years for various sex offense charges
Die gearresteerde verdagte was bekend aan die klaer, aangesien hy in dieselfde kompleks as die klaer gebly het. Die klaer het ‘n wenk van ‘n vriend van die verdagte gekry dat hy die voertuig gesteel het, en dat die voertuig sonder brandstof by die verdagte se familie in die Alkmaar-omgewing gestaan het.
Allan het met lofprysing na Hi-Tech Security verwys en hul diens as uitstekend beskryf. “Hulle het by my gewag totdat alles klaar was en my gevat na my kompleks toe. Hulle het ook ‘n Hi-Tech-voertuig gestuur na die kompleks om my na die polisiestasie toe te vat; ek bedank hulle geweldig,” het sy gesê.
ALSO READ : Dagga possession might still get you arrested
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kapt. Zandile Gwaqa, het die beweerde verdagte, Thembinkosi Mashaba (28), in die Nelspruit Landdroshof verskyn op ‘n klag van motordiefstal en is die saak ook uitgestel na 6 Augustus om ‘n formele borgaansoek te bring.
Greyvenstein sê verder dat daar drie verdagtes gearresteer was Donderdagaand, nadat kapt. Pieter Smit van die blitspatrollie ‘n suspisieuse Freightliner-trok afgetrek het net buite Mbombela.
Op Saterdagmiddag is nog drie verdagtes gearresteer nadat ‘n gesteelde Ford Ranger gevind is in KaNyamazane-omgewing.
ALSO READ : SANParks announces 14th annual National Parks Week
Die voertuig is blykbaar gesteel naby die Mbombela sentrale sakegebied. ‘n Storingstoestel (jamming device) is ook in die voertuig gevind, het Greyvenstein gesê.
‘n Gesteelde Toyota Hilux was in Mosambiek gevind en ‘n verdagte is gearresteer met die hulp van die Mosambiekse polisie en spesiale kontakte. Volgens Greyvenstein sal die repatriasie van die voertuig ‘n geruime tyd neem en is dit ‘n moeilike proses om die motor terug in die land te kry.
ALSO READ : Driver of fatal KNP accident tells what happened
Tracker en Altech Netstar se voertuigopsporingseenheid het ook twee verdagtes gearresteer, volgens Greyvensteinvan, in die Mbombela omgewing.
Wenke om jou motorvoertuig te beveilig
• Probeer om nie jou motor in swak verligte areas te parkeer nie.
• Indien moontlik, moenie op die sypaadjie van ‘n woning parkeer nie.
• Maak altyd dubbel seker dat jou voertuig se deure gesluit is.

• Kyk altyd in jou truspieël om seker te maak dat jy nie agtervolg word nie.
• Installeer ‘n volgtoestel in jou motorvoertuig. Alhoewel kriminele nog steeds daarin slaag om die toestel te verwyder, verhoog dit nietemin jou kanse om jou voertuig op te spoor.
• Installeer anti-grypinbraakfilm in die vensterruite van jou motorvoertuig. Dit bemoeilik toegang en hou die glas bymekaar indien die ruit gebreek word, en voorkom enige beserings.
