Local newsNews
Spoedkamera langs R40 weer geteiken
Vandale het finaal daarin geslaag om dieselfde kamera, wat verlede jaar reeds gevandaliseer en vervang moes word, te verwoes.

Die spoedkamera langs die R40 is weer vandeesweek heeltemal stilgemaak.
Lees ook: Tweede spoedkamera geteiken
Twee van die kameras het reeds in Oktober verlede jaar in die stof gebyt toe kwaaddoeners talle pogings aangewend het om dit tot niet te maak.
Vandale het egter finaal daarin geslaag om dieselfde kamera, wat verlede jaar reeds gevandaliseer en vervang moes word, te verwoes.
UPDATE: Department to smell out speed camera arsonists
Hierdie keer blyk dit egter asof die boks waarin die kamera weggesteek is, met ‘n slypmasjien oopgesny is. Of dit dieselfde kwaaddoeners se handewerk was, was teen druktyd onbekend.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
