Bejaardes trek swaar
Waarheen gaan bejaardes wanneer hulle nie gelukkig genoeg is om na aftrede by familie in te trek nie?
MBOMBELA – Nie net is die meeste tehuise vir bejaardes vol met ellelange waglyste nie, maar die koste van sulke verblyf is eenvoudig vir baie nie bekostigbaar nie.
Hierdie is van die kommerwekkende vrae wat Karen Mortlock, wat tans na beide haar oumas omsien, laat besluit het om na ‘n goedkoper opsie te soek.
ALSO READ : Tourism in a state of emergency
“Al wat die oumensies wil hê is ‘n behoorlike slaapplek en ‘n bord kos,” sê sy. Daarom het sy besluit om na die moontlikheid te kyk om ‘n huis te koop, dit in verskeie slaapkamers te omskep en dan teen ‘n bekostigbare tarief aan bejaardes te verhuur.
Sy het haar idee op Facebook gedeel en gevind daar is ‘n groot behoefte daaraan. “Ek is met navrae oorval; nie net van bejaardes nie, maar ook van vrywilligers wat aangebied het om met hul versorging
te help.”
ALSO READ : White River fed up with water woes
Bykans al die tehuise vir bejaardes wat Laevelder gekontak het, het dieselfde probleem: Hulle is vol en sommiges het waglyste met tot 50 name daarop. Sr. Ann Swanepoel, hoofbestuurder van Herfsakker Tehuis vir Bejaardes, sê tans woon daar 76 bejaardes by hulle.
Die maandelikse tarief is R9 800 per person. In die meeste gevalle word staatspensioentrekkers se maandelikse pensioen direk aan die tehuis oorbetaal. In sommige gevalle kry hulle ook ‘n R1 800-subsidie van die staat.
ALSO READ : Young sprinter returns proudly from the USA
“Die res van die kostes word gewoonlik deur die mense se kinders gedra,” sê sy. By Rustig Ouetehuis in Witrivier sê Liza Reniers versorg hulle tans 45 bejaardes. Dit sluit die mense uit wat in klein woonstelletjies op die perseel woon.
Hulle maandelikse tarief is R8 500 en soos in die geval van ander tehuise, betaal die bejaardes hulle pensioen oor en subsidies word van die staat verkry. Die res van die koste word deur familie gedra.
“Ons het ‘n stuk grond van die stadsraad gekry waarop ons beoog om nog van die kleiner wooneenhede op te rig,” sê Reniers.
ALSO READ : National and international support for opposition of Marloth mine
Gail Fish van Silwerdae Ouetehuis in Waterval Boven sê hulle versorg 30 bejaardes. Hulle maandelikse tarief beloop R7 300. “Ons mense is baie arm en ons kry gelukkig subsidies vir bykans almal, waarvan sommige van die staat kom.
“Ons maak ook grootliks op skenings staat. Ons kry veral goeie ondersteuning vir kosskenkings. Iemand het onlangs voorafbetaalde krag geskenk wat ‘n groot las van die tehuis se skouers afgehaal het.”
ALSO READ : Mbombela set to get a new state primary and high school
Silwerdae het nie ‘n lang waglys nie omdat die meeste bejaardes verkies om nader aan groter sentra soos Mbombela te woon.
Intussen is Mortlock op soek na ‘n huis sonder ‘n dubbelverdieping of trappe. “Dit is ter wille van die veiligheid van die inwoners en ons wil dit dan in ‘n losieshuis omskep.
“Ons wil vir eers net onafhanklike mense kry wat na bekostigebare verblyf soek.”
