Local newsNews

Woord van die Week: Maanwandeling

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) wys weekliks 'n Woord van die Week aan.

Die WAT is ‘n woordeboek wat primêr gerig is op die huidige taalgebruik. Vandeesweek is die woord “maanwandeling”.

Maanwandeling s.nw. Handeling van op die maanoppervlak te loop, veral met die doel om dit te verken; sinoniem maanloop (ongewoon): As die mens voet op die maan neersit en terugkeer sal dit van die grootste nuus van alle tye wees (Volksblad, 18 Jun. 1969, 2).

LEES OOK: Loeries ondersteun plaaslike liefdadigheidsorganisasies #Nelspruit DBV

Armstrong het sy voorreg as bevelvoerder gebruik om vyf uur voor die vasgestelde tyd met sy maanwandeling te begin (Die Burger, 21 Jul. 1969, 1). maanwedloop s.nw. Wedloop tussen wêreldmoondhede om die eerste ‘n ruimteman op die maan te plaas; sinoniem maanwedren: Russe nou voor in maanwedloop (Vaderland, 31 Okt. 1967, 17 – opskr.). Op die maan is gedenkplate vir ruimtevaarders wat in die maanwedloop met hul lewe geboet het (Transvaler, 22 Jul. 1969, 1).

LEES OOK: Penryn’s Mandela Day celebrations

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button