Local newsNews

Lasbrief vir beweerde pedofiel bemagtig

Dit volg nadat die man nie opgedaag het vir sy hofdatum by die Nelspruit Landdroshof nie.

MBOMBELA – Die beweerde pedofiel word daarvan aangekla dat hy twee minderjariges seksueel aangerand het. Hy staan ook tereg op ‘n aanklag van onwettige vuurwapenbesit.

Amper ‘n jaar nadat ‘n 63-jarige beweerde pedofiel in September verlede jaar gearresteer is, is ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming Woensdag bemagtig.

LEES OOK: Alleged paedophile (62) arrested for sexual assault

Volgens die Mbombela SAPD se kapt. Adriaan Odendaal, word dié brief Maandag amptelik uitgereik, waarna die polisie ontbied sal word om die man te arresteer.

Die man is vroeër vanjaar deur die hof beveel om uit die veiligheidskompleks te trek waar hy saam met die beweerde slagoffers gewoon het. Hy woon sedertdien in ‘n plaaslike ouetehuis.

LEES OOK: Mothers of two minors who were allegedly sexually assaulted speak out 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button