Pumas se vyftigste herdenking
Pumas vier hulle halfeeu mylpaal Saterdag by die Mbombela-stadion.
Die Suidoos-Transvaal Rugby-unie is vanjaar vyftig jaar oud. Ter viering van hierdie mylpaal het nagenoeg 150 oudspelers, beamptes en gaste Saterdag die feesvieringe by die Mbombela-stadion bygewoon.
Die eerste kaptein van die span in 1969, Rupert Hector, was onder andere teenwoordig.
ALSO READ : BREAKING NEWS: Crash on R40 claims three lives
Die Phakisa Pumas, soos hulle vandag bekend staan, is gevorm in ’69 en is een van die land se jongste unies. Hulle het in 2012 vanaf Witbank hulself by die Mbombela-stadion, wat in 2010 vir die FIFA Sokkerwêreldbeker gebou is, tuisgemaak.
Die presidentsraad van daardie tyd het besluit dat die span voortaan as die Pumas bekend sou staan.
ALSO READ : Badger catches snake
Hoewel die span nog nooit daarin kon slaag om ‘n Curriebeker in die Premierafdeling omhoog te hou nie, het harde werk groot oorwinnings, soos die Eersteliga-titel in 2005, 2009 en 2013 tot gevolg gehad, asook die Vodacom-beker in 2015 en natuurlik die SuperSport Uitdaging in 2018.
In 2005, toe Chris Grobler en Danie Gerber nog die gesamentlike afrigters was, het die span vir die eerste keer vir die Curriebeker se Premierafdeling gekwalifiseer.

Die daaropvolgende jaar het die span heel laaste op die punteleer geëindig, nadat hulle al 14 hulle wedstryde verloor het.
In 2010 is Jimmy Stonehouse as hoofafrigter aangewys. Hoewel hulle as die span wat aan die kortste ent getrek het, beskou is, het hulle die verdedigende kampioene, die Blou Bulle in dieselfde jaar met 22-21 gewen en sewende geëindig. Name soos Vincent Koch, Faf de Klerk, Werner Kok, Uzair Cassiem, MJ Mentz, Rosko Specman, die “Pocket Rocket” Brent Russell, Krynauw Otto en Heyneke Meyer is maar net ‘n paar figure wat die Pumas opgelewer het.
