Goedgesindheid beslis ‘n blink voorbeeld tydens die Gee-Week
Komatipoort Akademie se 2019-Leerlingraad "Gee-Week"-inisiatief om hulpmiddele vir minderbevoorregdes in te samel gaan nou 'n jaarlikse tradisie word.
Met die afgelope Gee-Week het die Komati-leerders vir almal gewys tot watter mate hulle omgee en dat hulle ‘n hart het vir hulle gemeenskap.
Elke dag van die week is gebruik om noodsaaklike produkte in te samel vir ‘n bepaalde organisasie of entiteit.
LEES OOK: Principal lays a strong foundation for early childhood development
Die insameling is elke oggend tydens die voogklas gedoen waarna die leiers dit kom haal het. Die klasse kon met mekaar meeding en die wat die beste gevaar het, het ‘n prys gewen.

Organisasies wat die jaar bygestaan is, was Helpende Hand met blikkieskos en goeie bruikbare klere, persoonlike toiletware, beddegoed en self groter items soos meubels.

Ander was Naturenza’s Catz Rescue-sentrum op Sabie, Tonga Victim Support-sentrum en die Grip-sentrum in Mbombela, die Dierebeskermingsvereniging en Stop Rhino Poaching.
LEES OOK: Petrol attendant turned business woman
