Local newsNews

#NelspruitEisteddfod40: So lyk die beoordelaars van die Afrikaanse afdeling

Die Afrikaans Drama en Voordrag-afdeling het Maandag by Communio Kerk afgeskop.

Die derde afdeling van hierdie kompetisie het Maandag afgeskop. Die beoordelaars is Issie Venter en Claudette Theunissen. So lyk hul agtergrond:

Issie Venter

Venter was al beoordelaar by verskeie toneel- en redenaarskompetisies en kunswedstryde regoor die land. Sy is ook self ‘n aktrise en het ook die skryf en regie van talle produksies behartig. Venter is ook die eienaar van Knypiekat Teater en die stigter van Creative Arts Drama Academy en Oppie Tong Af. “Ek is mal oor kinders en glo dat drama almal kan ontwikkel.”

LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: KYK – Groot verskeidenheid in dansafdeling

Claudette Theunissen

Theunissen, ‘n lid van die Raad van Afrikaanse Beoordelaars, het drama by beide die Speech and Drama College of South Africa en die Akademie van Dramakuns studeer. Sy is self ook ‘n aktrise in kinderproduksies, produksies in haar plaaslike teater en doen ook marionetwerk. As die eienaar van Purple Curtain Drama Studio, vertolk sy ook die rol van drama-afrigter. Theunissen verwerf ook haar graad in sielkunde aan Unisa in 2017. “Ek glo dat kultuur jou as mens vorm; dit is een van die boustene van ‘n gebalanseerde lewe.”

LEES OOK: Stigter van Nelspruit Eisteddfod deel kosbare herinneringe

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button