Opwindende stoeigebeure vir die Onderbergers
Drie stoeiers van Komati Stoeiklub het die afgelope naweek aan die jaarlikse Johnnie Reitz Big 5-stoeitoernooi in die LC de Villiers-sportskompleks by die Universiteit van Pretoria deelgeneem.

Die toernooi is jaarliks een van die groot gebeure op die stoeikalender van Noord-Gauteng Stoei, wat vir die aanbieding daarvan verantwoordelik is.
Stoeiers van alle ouderdomme en afkomstig vanuit klubs oor die hele land het Saterdag na Pretoria gereis. Nege stoeimatte is beskikbaar gestel vir die toernooi. Christiaan Kok, Roux Eloff en Gideon Gilliland was ook daar om Komati Stoeiklub te verteenwoordig.
LEES OOK: Principal lays a strong foundation for early childhood development
Tydens dié toernooi, waar daar amper 800 inskrywings ontvang was, het Eloff ‘n goue medalje in die o/9-vrystylkategorie vir sy gewig verower.

Gilliland het ‘n vierde plek behaal in die o/13-presidente afdeling. Die komende naweek kom besoek ‘n stoeiklub van Oregon in Amerika die Komati Stoeiklub en is hulle van plan om die besoekers te bederf met ‘n eg Suid-Afrikaanse braai by die Buffalo Hotel, asook ‘n besoek aan die Nasionale Krugerwildtuin. Komatipoort SuperSPAR borg die braaipakkies vir Donderdagaand.
Die Buffalo sorg vir verblyf en ‘n varkspit vir Vrydagaand. Vir enige navrae oor Komatipoort Stoei Klub, kontak gerus vir Gilliland (klubvoorsitter) by 082-804-1561. Die klub bedank weereens al die borge vir hulle ondersteuning.
LEES OOK:More groups oppose Marloth mine proposal
