FOTO’S: Bateleur brugtoernooi ten bate van liefdadigheid
Die geld wat tydens die dag ingesamel is, is aan Huis Betlehem geskenk.

MBOMBELA – Die brugklub by Bateleur het in 2014/15 klein begin, maar deesdae staan hulle 30 spelers sterk.

Hulle het op Woensdag 31 Julie ‘n brugdag gehou waartydens hulle geld vir die huis ingesamel het.

Bateleur-inwoner en die dag se organiseerder, Marie van Veijeren, het verduidelik dat verskeie brugspelers van regoor die Laeveld vir Woensdag se toernooi bymekaar gekom het.

LEES OOK: Harte en hande van Huis Betlehem word bedank

Die sowat 60 spelers het teen mekaar meegeding, maar daarna hul mededinging eenkant gelaat om ‘n glasie wyn en middagete saam te geniet.

“Ons is vreeslik gelukkig met die mooi weer en geselligheid vandag. Dit was werklik voorspoedig,”
het Van Veijeren gesê.
LEES OOK: Nege redes om Huis Betlehem te help
