Local newsLocal sportNewsSport

Mini-mensies speel ‘n barshou

Die doel van die dag was om blootstelling aan dié sportsoorte te gee.

Verlede Saterdag was die sportvelde rondom Laerskool Witrivier ‘n miernes van bedrywighede met hul jaarlikse mini-krieket en -hokkiefeesdag.

Vroeg reeds het Frannie van der Riet, skoolhoof, al die gaste verwelkom en daarna was daar geen keer aan die entoesiastiese jong sportmanne en -vroue nie.

Met hokkiewedstryde wat slegs 15 minute geduur het en krieketwedstryde van 55 minute lank, het dit vir die ongeoefende oog na permanente chaos gelyk. Tog was elke span met sy skeidsregters en ondersteunende ouers klokslag op hul plek by een van die 12 velde.

Die kleingoed het hierdie vriendskaplike wedstryde baie ernstig opgeneem en hul harte uitgespeel. Die effe aangepaste reëls van die twee sportkodes het dit soms makliker gemaak vir elke individu om te presteer. Daar was slegs ses hokkiespelers in ‘n span en doele kon van enige plek in ‘n kwartgebied geskiet word. Skeidsregters het ook hul deel bygedra deur tydens spel nog heelwat afrigtingswenke aan te bied.

Al kon die jong krieketspelers geen grenshoue probeer slaan nie en moes hardloop vir elke lopie wat hulle wou verdien, het hulle weer die voordeel geniet om ‘n boulbeurt te voltooi, selfs al was hulle met een van die eerste balle al uitgehaal.

Geen formele tellings is tydens wedstryde gehou nie; die doel van die dag was om blootstelling aan dié sportsoorte te gee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button