Local newsNews

Karnaval weer ‘n lekker plek om te wees

Die tafels was gedek vir 'n aangename dag en vrolikheid het deur alles gesweef soos oud en jonk saam gekuier het.

Die jaarlikse Witrivier Karnaval kon nie op ‘n mooier, helderder sonskyndag plaasvind nie.

Die tafels was gedek vir ‘n aangename dag, die vrolikheid het deur alles gesweef soos oud en jonk saam gekuier het, en in die kuiertent het Kokkedoor Pieter Malan en kunstenaar Pierre Nel bygedra tot ‘n dag vol vreugde.

Die vertikale tuindemonstrasie was ook ‘n eerste en sulke demonstrasies sal verseker in 2020 herhaal word, sê die organiseerders, die NG Kerk Witrivier. Van vroeg het Radio Laeveld vanaf die terrein mense herinner om in die aktiwiteite te kom deel. Keurige gebak is uitgepak, emmers pannekoekdeeg is aangemaak en die vure is aangesteek om boerewors en sosaties te braai.

Natuurlik was daar skaapkerrie om die gewone kerrie-en-rys mee af te wissel, asook heerlike vetkoek, boepensbroodjies en natuurlik nagereg om van te kies en te keur. Die vlooimark het verseker dat daar iets vir elkeen was. Die kele kon nat gehou word met lekker koffie, koeldrank en by die varsproduktestalletjie was vars uitgedrukte sap, wat bestaan het uit lemoene, pynappels, appels en wortels; die winskoop van die dag.

Die kookkompetisie het vir baie pret gesorg toe die huiskokke teen mekaar geding het. “Mnr Hanekom” (‘n skuilnaam) het ‘n storm los gekook en met die louere weggestap, maar moes later teen Malan bes gee.

“Ons is dankbaar teenoor ons Vader vir sy goedheid en ook vir die gemeenskap se betrokkenheid,” het Antoinette Bester van die kerkkantoor agterna gesê. “Julle ope harte en hande maak van Witrivier ‘n plek waar gemeenskap en sake-kern mekaar ontmoet tot voordeel van die dorp.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button