Local newsNews

Kokkedore kom kook storm los by straatete

Vanjaar is die 14de keer dat dié straatete, waar verskeie toprestaurante kos aan gaste in die straat onder die feetjieliggies bedien, plaasvind.

Die Laeveld se eie Kokkedoor, Pieter Malan gaan tydens vanjaar se Night of 1000 Stars in Sonpark Boulevard kom kos maak vir van die gaste.

Malan, asook Wilhelmina Thirion Garção en William White, wie se deelname aan dié gewilde reeks tans op kykNET uitgesaai word, gaan op 6 September ten bate van KANSA ‘n Kokkedoor-stal oprig en heerlike kos aan gaste by hulle tafels bedien.

Vanjaar is die 14de keer dat dié straatete, waar verskeie toprestaurante kos aan gaste in die straat onder die feetjieliggies bedien, plaasvind.

LEES OOK: FOTO’S: Bateleur brugtoernooi ten bate van liefdadigheid

“Die geleentheid het al ‘n instelling op die kalender geword, en mense sien elke jaar uit na die tema en om daarvolgens aan te trek,” sê Sandra Jacobs, wat die projek in 2006 begin het.

“Ons is vanjaar baie opgwonde om die Kokkedore as sjefs by die geleentheid te verwelkom, en alhoewel hulle nie aan die sjefkompetisie gaan deelneem nie, gaan hulle beslis ekstra fleur en panache na die geleentheid toe bring!”

Vanjaar is die tema “Rio Rhythms”, en mense kan uitsien na heerlike Latyns-Amerikaanse musiek en ‘n partytjiegees so reg in die kraal van die Rio-karnaval. Die kostema is “kleur” en gaste sal dus kan smul aan cuisine uit die boonste rakke wat nie net heerlik gaan smaak nie, maar ook pragtig gaan lyk.

LEES OOK: Nege redes om Huis Betlehem te help

Van die toprestaurante in Mbombela neem aan hierdie gemeenskapsprojek deel wat al oor die afgelope 13 jaar meer as R1,5 miljoen vir KANSA ingesamel het.

Kaartjies vir Night of 1000 Stars is by die deelnemende restaurante beskikbaar. Om by die Kokkedore se tafels jou plekkie te bespreek, skakel Mariolise by 013-741-5294 of e-pos haar by mariolise@innibos.co.za.

Sy sal ook name en kontakbesonderhede van die ander deelnemende restaurante kan verskaf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button