Wanneer kan ‘n persoon van abduksie aangekla word?
Abduksie word gepleeg wanneer ‘n minderjarige wederregtelik verwyder word deur ‘n meerderjarige persoon, sonder ouerlike toestemming, vir immorêle redes.

MBOMBELA – Abduksie, volgens die woordeboeke en die wet, is wegvoering, veral van ‘n minderjarige om ‘n huwelik te sluit of gesagtelike verkeer te hê. Dit moet nie met ontvoering verwar word nie.
Die daad word gepleeg deur opsetlik met ‘n persoon onder die ouderdom van 18 jaar te trou of geslagtelik te verkeer. Die dader sowel as die minderjarige kan manlik of vroulik wees.
Die gaan nie hier so seer oor die seksuele aspekte van die verhouding nie, maar wel dat ‘n minderjarige sonder ouerlike toestemming optree.

ALSO READ : Town hall meeting to underline plan for White River residents
Die ouer oefen nie net slegs beheer uit as die minderjarige by die huis is nie, hulle oefen ook beheer uit al is die kind met vakansie saam met vriende.
Die handeling bestaan uit die verwydering van die minderjarige uit die beheer van sy ouer of voog se sorg. Dit is irrelevant of die verwydering met geweld gepaard gegaan het en of die minderjarige vrywillig saam gegaan het.
ALSO READ : MTPA is mismanaged according to report
Indien die ouers van die dader bewus is dat die kind sonder sy of haar ouers se toestemming in hul huis verkeer, kan hulle saam met die dader aangekla word van abduksie.
Die minderjarige hoef nie vergesel te word deur die dader nie; dit is voldoende as die minderjarige die huis alleen verlaat het om die dader te ontmoet iewers anders.
ALSO READ : Jong Curro-leerder skryf vir skool se toneelgeselskap ‘n tweede plek los
Daar word aan die hand gedoen dat die ouers, sowel as die in loco parentis, dit wil sê die persoon onder wie se feitelike sorg die minderjarige geplaas was, se toestemming moet ontbreek. Dit is so omdat die misdaad die biologiese ouers se beheer sowel as die persoon onder wie se toesig die minderjarige is, beskerm.
As die minderjarige toestemming verleen het, is dit nie ‘n verweer nie, want die misdaad is gerig daarop om die ouerlike gesagsregte te beskerm.
In die saak van SASHI 1976 (2) SA 446 (N) oorreed die meerderjarige Sashi ‘n meisie teen haar ouers se wil om saam met hom te gaan. Later in hul verhouding het hulle egter begin om as man en vrou saam te leef. Sashi word aangekla van abduksie en tydens die verhoor beslis die hof dat dit nie die geval was in die aangeleentheid nie. Die hof beslis dat daar ‘n bedoeling moet bestaan ten tyde van die verwydering van die meisie uit haar ouerhuis om geslagsgemeenskap te hê of te trou.
Ingevolge die Wet op Seksuele Misdrywe 32 van 2007, kan ouers wat seksuele omgang met ‘n minderjarige toelaat en goedkeur in hul huis, ook aangekla word.
