Nellies se redenaars presteer nasionaal
Ernst Pieterse het by die ATKV-Redenaarskompetisie tweede in die land geëindig in die onvoorbereide redenaars vir seniors.

MBOMBELA – Die nasionale finale is op 3 Augustus by Goudini aangebied.
Ernst is net-net deur Petrus du Preez van Hoërskool DF Malan geklop.
Na ‘n voorbereidingstyd van 90 minute moes die redenaars aanvoer dat daar inklusiewe onderwys in skole moet wees, of nie.
Ernst, ‘n graad 11-leerder en die onderhoofleier vir Kultuur en Omgee vir 2020, het sy staal gewys deur ‘n fenominale toespraak te lewer.
LEES OOK: NHS se nuwe adjunk sê hy voel reeds tuis
Ernst het vir die eerste keer aan redenaars begin deelneem in sy graad nege-jaar en het sedertien nog elke jaar aan die nasionale finale deelgeneem.
In 2017 het hy vierde in die junior-afdeling geëindig.
Twee ander Nellies, Anke Oelofse en Anthony Mabuza, het ook aan die finale deelgeneem.
Anke het aan die junior voorbereide redenaars deelgeneem, en Anthony het in die junior addisionele taalafdeling van die voorbereide redenaars beïndruk met sy toespraak dat rugby vir ‘n man deure oopmaak.
KYK: Plaaslike kampioen in liggaamsbou praat oor pad na herstel
