Local newsNews

Robbies se skoonstes en oulikstes bekroon

Tydens die kroningsgeleentheid was dit duidelik dat die deelnemers alles in die stryd gewerp het om hul maats en die beoordelaars se guns te wen.

Hoërskool Rob Ferreira se mooies het verlede week hul beste voetjies voorgesit toe hulle om die titels van Mnr. en Mej. Rob 2019 meegeding het.

Tydens die kroningsgeleentheid was dit duidelik dat die deelnemers alles in die stryd gewerp het om hul maats en die beoordelaars se guns te wen.

Dit het ook duidelik geword dat die skool nie net pragtige gesiggies huisves nie, maar vele talentvolle leerders. Seremoniemeester Marc Paterson het gesorg dat dié talente deeglik aan die gehoor bekendgestel word.

Na vele kopkrap het beoordelaars Promise Maziya, Candice Paterson, Madri Steenkamp, Dalene Minnaar en Leon van Tonder Scherman op die volgende wenners besluit:

Crystal Welthagen swaai die septer as Mej. Rob 2019 met Jeannine Kruger as eerste prinses en Chanté Gouws as tweede prinses.

Brandon Borcher gaan nóg meer knieë lam maak as Mnr. Rob 2019, met sy eerste prins Christiaan van der Watt en Jacques Larkins as tweede prins.

Keketso Mpotle dra die kroon as Mej. Junior Rob terwyl Pieter du Toit haar as Mnr. Junior Rob bystaan.

Jeannine is ook Mej. Fotogenies en Christiaan Mnr. Fotogenies.

Keketso is ook Mej. Persoonlikheid en Joshua Janse van Vuuren Mnr. Persoonlikheid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button