Local newsNews

Is dit laster as jou reputasie skade aangedoen word?

Laster is die wederregtelike, opsetlike publikasie van aantuigings aangaande iemand anders, wat die strekking het om laasgenoemde se goeie naam ernstig te skend.

MBOMBELA – Laster het die strekking om ‘n persoon se goeie naam of aansien te verlaag in die gemeenskap.

Die vereiste opset om iemand te belaster ontbreek indien die dader se woorde neerkom op informasie in openbare belang, waarheid wat verkondig word en op billike kommentaar en priviligie.

ALSO READ : SAPS chase injures suspect

‘n Persoon se goeie naam kan net geskend word as die lasterlike woorde onder die aandag van iemand anders as die slagoffer kom.

Indien die sogenaamde publikasie nie aan ‘n derde gemaak word nie, maar slegs onder die aandag van die slagoffer kom, kan dit hoogstens crimen injuria wees en nie laster nie.

ALSO READ : Child abductor to reapply for bail

In die saak van D (1968 (2) SA 470 (RAD)) stuur D ‘n brief aan ‘n getroude vrou waarin dit geskryf staan dat hy haar wil ontmoet. Daar is ook prentjies geteken van geslagsdele wat verkeer in die daad van seksuele omgang. Haar familie kry die brief en maak ‘n saak aanhangig. D word tydens die hofverrigtinge skuldig bevind aan die misdaad, laster.

ALSO READ : A visionary artisan of spray paint and airbrush

Beuselagtige gevalle behoort nie strafbaar te wees nie, maar ‘n verontregte party het altyd ‘n siviele aksie tot sy of haar beskikking.

Openbare belang speel hier ‘n belangrike rol, en ‘n aantuiging wat die goeie orde in die samelewing in gevaar stel of strydig is met die goeie gemeenskapsedes sal kern wees tot die legging van ‘n klag van laster.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button