Local newsNews

Bekende dagblad redakteur besoek die Laeveld

Die gesellige samekoms by Ingwenyama se sport- en konferensiefasiliteit was deel van die dagblad se reis deur die land om sy lesers te ontmoet.

Die geheim lê daarin om vertroue te wen. Of dit nou die vertroue is wat Suid-Afrika by buitelandse beleggers moet wen, of
die vertroue wat lesers in hul nuusbronne wil hê.

Hieroor, en oor president Cyril Ramaphosa se kanse op oorlewing in die landspolitiek, het Beeld se redakteur, Barnard Beukman, Dinsdagoggend oor ‘n koppie koffie met Laevelders gesels.

Beukman het ook bespiegel oor hoeveel dit nou eintlik saak maak of Ramaphosa oorleef of nie.

LEES OOK: Karnaval weer ‘n lekker plek om te wees

Sanger Jannie Moolman was boonop die gasheer en seremoniemeester.

Hy het 20 jaar na Suid-Afrika se beroemdste sanger se stem stil geword het, een van Gé Korsten se bekendste nommers aan die huidige geslag bekendgestel.

Hy het ook van Lisa en haar klavier, en oor Koos du Plessis se skadu’s teen die muur gesing.

Nadat Beukman en die gaste ook ligweg oor die simbiose tussen ware nuus en fopnuus besin het, het hy gesê dat die rol van die gedrukte media onder andere dié van waghond moet bly, en koerante moet streef om relevant en ontledend te wees ten opsigte van nuus. Veral aangesien nuus deesdae meestal aanlyn breek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button