#NelspruitEisteddfod40: Ontmoet die instrumentale afdeling se beoordelaar
Dié afdeling vind vandeesweek by Communio Kerk plaas. Dit is ook die laaste week wat die kompetisie plaasvind.
Rhona Kriel is gebore in Kempton Park waar sy op vierjarige ouderdom met musiekonderrig begin het. Op 15 begin sy self ook musiek afrig en aanvaar sy ook ‘n pos as orrelis by die NG Kerk Birchleigh.
Sy rig verskeie kinder-, jeug- en volwasse kore af en het al verskeie kwalifikasies behaal, insluitend ‘n geassosieerde diploma en lisensiaatsdiploma deur Trinity College en ‘n onderwysgraad deur Unisa.
LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: KYK: Hoë en lae note by vokale afdeling
Kriel is self ook ‘n kunstenaar en as pianis het sy al selfs by konserte in Engeland haar buiging gemaak. Verder produseer sy ook agtergrondmusiek wat deur die Amerikaanse Bybelgenootskap gebruik is vir hul Afrika audio-Bybel.
Kriel het ‘n passie vir kinders en die onderwys en komponeer en verwerk graag musiek vir hierdie doel. Haar leerders presteer uitstekend beide op nasionale en internasionale vlak en sy het al verkseie itemwenners opgelewer in Talent Africa, SAPA en SATCH.
LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: KYK – Groot verskeidenheid in dansafdeling
