Local newsNews

Skop jou skoene uit by Die Lapa gedurende vanjaar se Great Nelspruit Post Pub Crawl

Die gewilde uithangplek is vir Laevelders met hul voete plat op die aarde wat van 'n gesellige kuier hou

MBOMBELA – Die Lapa Pub and Bistro is sentraal geleë en is baie toeganklik vir Laevelders wat graag in Mbombela kuier. Die lokaal bied ‘n gesellige atmosfeer aan met hope vermaak. Mede-eienaar, Japie Vorster, vertel dat die gaste wat die lekker uithangplek besoek, ‘n aand van heerlike kuier gewaarborg is.

“Ons gaste se veiligheid is vir ons die grootste prioriteit. Die Lapa bied ‘n lekker kuier-area aan en ons maak voorsiening vir ‘n groot verskeidenheid mense,” vertel hy.

Die spyskaart is so eie aan die Laeveld en sluit in die gewone pub grub met ‘n verskil in. Op die spyskaart is hartlike biefstukke en mandjies, en hul burgers is ook vinnig besig om plaaslike roem te verwerf.

LEES OOK: The Protea Hotel by Marriott, Nelspruit, is a great stop on this year’s Great Nelspruit Post Pub Crawl

Rozlynne van Eck, Jaco Botha en Japie Vorster van Die Lapa Pub and Bistro.

“Die Lapa is vir die afgelope 10 jaar of meer ‘n instituut in die Laeveld,” sê Vorster.

Behalwe die smullekker kos en southappies wat beskikbaar is by die gewilde kroeg, is daar ook live musiek en ‘n dansvloer waar jy jou litte lekker kan losmaak.

Vorster vertel verder: “Ons bied elke Woensdagaand live platejoggies en shows van Piet Pompies en John Rock, en baie gewilde kunstenaars gaan op hierdie verhoog verskyn voor hierdie jaar se insetsel van die Great Nelspruit Post Pub Crawl.”

LEES OOK: WATCH: Young Pumas supporters paint the stadium pink

Die lokaal is beslis gewild onder plaaslike inwoners wat dit geniet om gesellig te kuier terwyl die klanke van hul gunstelingmusikante en platejoggies in die agtergrond speel.

Laevelders is mense met hul voete plat op die grond en Die Lapa is eg aan die gebied. Definitief ‘n plekkie waar jy jou skoene kan uitskop en ‘n drankie kan geniet met vriende.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button