Local newsNews

Plaaslike VLU-vroue presteer by Mpumalanga kongres

Dit was 'n spoggeleentheid toe die VLU Mpumalanga op 21 en 22 Augustus hul jaarlikse kongres by die Numbi Hotel gehou het.

Hier het vroue van regoor die provinsie bymekaargekom, waar hulle meer geleer het en belonings ontvang het vir die wonderlike voorwerpe wat hulle regdeur die jaar gemaak het.

LEES OOK: Rusplek vir die siel by nuwe Innibos-oases

Dolla Ferreira, wenner in die middelbaarafdeling.

Een van die afdelings wat baie aandag geniet het en waar die kompetisie sterk was, is die blommerangskikkings. Die tema vir hierdie jaar was “lief jou land” en vroue moes die tema op ‘n unieke manier uitbeeld.

LEES OOK: VLU-kongres ‘n hoogtepunt

Mariaan Lourena, wenner in die beginnersafdeling.

Al drie afdelings is deur lede van die Malieveldstreek, oftewel die Laeveldstreek, gewen. Vir die gala-aand was al die vroue getooi in swart en rooi, en is hulle deur Willie Strauss vermaak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button