Local newsNews

NHS debatspan verkies dink bo sink in riller debatkompetisie

Gedurende die riller-debat is die span as naaswenners aangewys.

MBOMBELA – Hoërskool Nelspruit (NHS) se debatspan het onlangs bewys dat hulle inderdaad flinkdinkers is. Vyf seniorspanne het op 16 Augustus deelgeneem aan onvoorbereide debat in AfriForum se Dink of Sink te Hoërskool Montana, en die skool het as naaswenners uit die Noordstreekuitdunne getree.

Dit was strawwe kompetisie teen 43 debatspanne van welbekende debatskole, en spanmaats Milda van Dyk, Jana Ingwersen en Ernst Pieterse het behoorlik uitgeblink onder die spanning.

Jana Ingwersen, Maritza Uys, Ernst Pieterse, Magda van der Merwe en Milda van Dyk.

LEES OOK: WATCH: We’re ready for a Carnival at the Mpumalanga Show

In die finale tydens die gala-aand het hulle debat teen Afrikaans Hoërskool gevoer, en moes bewys dat boikotte nie ‘n sinvolle vorm van burgerlike protes is nie.

Gedurende die riller-debat is die span as naaswenners aangewys tot die trots van die span se afrigter, advokaat Maritza Uys.


LEES OOK: A wealth of opportunities for John Mdluli Primary School after generous donation

Sy vertel: “Ek is trots op die drie Nellies se vermoë om binne vyf minute drie sterk argumente ter stawing van hul standpunt voor te hou, in ‘n toespraak van twee en ‘n half minute. ‘n Debatsgesprek van sewe minute tussen die twee spanne word dan gevoer.”

In 2017 het NHS dié kompetisie verower en is hulle ook laas jaar aangewys as die Noordstreekwenners

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button